Kontak Ons

Get Adobe Flash player
Kontak ons

Johan Myburgh

Tel: (072) 1266336

jag@rietfonteinplaas.co.za

072 556 0612 /10

Bank Besonderhede
CNK Bdy (pty)

Standard Bank

283 112 433

Louis Trichardt Tak

052549

Facebook

Facebook Posts

Unable to display Facebook posts.
Show error

Error: (#10) This endpoint requires the 'manage_pages' permission or the 'Page Public Content Access' feature. Refer to https://developers.facebook.com/docs/apps/review/login-permissions#manage-pages and https://developers.facebook.com/docs/apps/review/feature#reference-PAGES_ACCESS for details.
Type: OAuthException
Code: 10
Please refer to our Error Message Reference.
Ons Besoekers
0033419
Visit Today : 11
Visit Yesterday : 9
This Month : 636
This Year : 18784

Geriewe

(Vir  beskikbare datums, kyk by ‘beskikbare datums’, en om te bespreek, vul asb die
besprekingsvorm in. )

Rietfontein plaas is ‘n 1600 ha. omheinde plaas, wat spog met beide ‘n rivier
en ‘n
berg.  Slegs  ‘n klein gedeelte van die plaas word vir landbou
edrywighede  aangewend.

Die plaasopstalle is onderskeidelik 3.2km en 4.3km vanaf die hoof-
ingang, en  die jagkamp is weer 
 sowat 1.2km vanaf die naaste opstal,
teenaan die rivier.
By die jagkamp is ‘n skietbaan wat aangewend kan word vir teiken-skiet,
en om  gewere in te skiet.

  ‘n Inloop koelkamer is beskikbaar vir gejagde wild.  BELANGRIK: Daar is
beperkte selfoon opvangs by Rietfonteinplaas.

Akkommodasie by ons jagkamp word verskaf in ‘n nuutgeboude jag-huis
reg op  die rivier oewer.

Genoeg beddens om 8 mense met gemak te kan akkommodeer, in 2 aparte
slaapkamers,
elk met ‘n afsonderlike badkamer (aparte stort en toilet).
Elke kamer het glasdeure wat oopskuif, en direk na buite lei, met ‘n pragtige
water uitsig.
le linne word voorsien, bring net eie handoeke.

  

Vir meer foto’s besoek ons Galery blad.
‘n Pragtig toegerusde kombuis help om voorbereiding van enige kos  in
‘n maklike  taak te omskep. Alle elektriese toebehore word voorsien 
soos ‘n
stoof, yskas, vrieskas, ketel, broodrooster en mikrogolf oond. 

Eetgerei en breekgoed word ook voorsien.

‘n Baie gesellige lapa reg op die rivier-oewer sal sorg vir onvergeetlike
laatnag  kuiers by ‘n gesellige knetterende bosveld-vuurtjie.  Daar is
genoeg lig sodat  kos nie sal verbrand nie, met genoeg sitplek en ‘n
gerieflike buite-wasbak.

 
 Jacuzi

Buite, op die rivierbank is ‘n unieke 10-sitplek spa-bad, om in af te  koel
in die somer  maande, of jou koue lyf op te warm in die winter. Voorsiening
vir warm en koue water.

 Vir meer foto’s besoek gerus ons Galery blad.